
=====================================================================
Tyd van liefh het aangebreek (AV 7:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Tyd van liefh het aangebreek

SOMMIGE dinge is s lelik dat mens dit nooit kan vergeet nie. Soos die omie wat in die laat jare sestig kaartjies verkoop het op Germiston 
se stasie. Hy was sekerlik net een van vele kaartjieverkopers, maar ek had die geluk om meermale aan die ontvangkant van hierdie ene se 
blaf en gluur te gewees het.

Sy gesig was nie suur nie. Dit het sommer net so gestaan. Hy het nie baie asem op woorde gemors nie, en nog minder op die spasies tussen 
woorde 

En anders as sy kort mededelings, was hy vrek stadig. Of die tou aan die ander kant van die venster lank was of kort, ou Suurgevreet het 
elke verkoopslag uitgerek. En elke keer is mens oorval deur 'n sielsuitmergelende depressie. Is dt wat die lewe aan mens doen?

Dit is hoekom ek enige ander kaartjieverkoper innig liefhet. Ek het Suurgevreet gehaat, en niks kon die gevoel versag nie, nie eens die 
verduideliking van 'n Spoorwegantie wat 'n keer by hom oorgeneem het sodat hy kon gaan eet nie: "Foeitog, hy het moeilike jare agter die 
rug."

Moeilik? Wat kon s moeilik gewees het dat hy die mensdom moes straf met sy aangesig en afskuwelike houding?

Die Nederlandse digter Gerrit Komrij skryf dat iemand wat nie kan haat nie, ook nie in staat is om liefde te voel nie. Dit wil ek beaam.

Dit is hoekom ek so lief is vir Afrikaans. Daar het so baie dinge in die verlede rondom en deur die taal gebeur wat 'n mens met 'n passie 
kon haat. Vandag kan ek die noot hoog insit vir die taal en alles wat daarmee gepaard gaan, gesus deur die wete dat 'n waaragtige woede 
daaragter l.

Kan ek ooit die onderwysers en dosente vergeet wat probeer het om sintaksis in hierdie skedel te kry? Tot vandag toe glo ek, veteraan van 
talryke vergeefse pogings om sintaksis en slaap geskei te hou, dat Afrikaanse sintaksis net aan nagraadse studente toevertrou moet word. 
Verkieslik met goeie mediese sorg byderhand.

O, wat 'n wonderlike taal is dit wat liefgeh kan word om die eenvoudige rede dat mens nie sintaksis hoef te verduur nie?

Dan is daar die taalstryders. Miskien is ek 'n lieplapper, maar ek het altyd my o uit my kop geskaam wanneer ek saam met iemand uitgeet 
het wat daarop aangedring het om Afrikaans te praat met kelners wat nie die taal magtig was nie.

Ek het sulke lummels met wrewel vervloek. Hul arrogansie het geen vriende vir Afrikaans gewen nie  en my boonop laat wens dat ek nie in 
situasies moes beland waar iemand op my rekening vir Die Taal veg nie.

Dink ook aan die stowwerigheid waarmee Afrikaans voorheen omgeef is. 'n Taal van behoud van alles wat oud is. Die taalhandhawers kon die 
toekoms alleen aanvaar as hulle rels daarvoor kon vasl en almal dwing om hulle daaraan te onderwerp.

Hierdie nuk het, onder meer, aanleiding gegee tot 16 Junie 1976 se dinge.

Al daardie haatlike dinge. Vandag het ek Afrikaans openlik en sonder skaamte lief. Verbasend hoeveel kelners Afrikaans magtig is. Dit is 
selfs lekker om nu en dan aan te dring op bediening in Afrikaans  veral wanneer jy hoor hoe die kelners onder mekaar my moedertaal besig.

En as my tafelgenote daaroor wil kriewel, hul mal ant Tillie ook! Die Grondwet is aan my kant. In die ou dae was dit net aan die kant van 
die onderdrukkers. Dis die verskil.

Natuurlik het almal wat oor taalsake nadink, al 'n diepe kommer voel broei oor die voortbestaan van Afrikaans. Gaan dit staande bly teen 
die amptelike beheptheid met Engels as lingua franca? Gaan ons kinders nie begin dros omdat Afrikaans nie vir hulle deure in die markplek 
oopmaak nie?

Daar is tog iets van die ou stowwerigheid aan sulke kommergedagtes, vind ek. Ek's 'n bok vir die loslittigheid waarmee Afrikaans deesdae 
benut word. Die taal gaan oorleef omdat mense nut het van hom. Afrikaans kom op plekke in waar Engels nie kan nie. Kyk maar wat in Namibi 
gebeur het. Dood kon oom Sam die taal nie kry nie  hy't eerder daarin geslaag om Engels te vermink.

Nee, Afrikaans gaan nog lank in hierdie deel van Afrika bly leef, al sterf dit stelselmatig uit in Australi, Nieu-Seeland en Kanada. Dit 
is omdat die tyd vir die liefh van Afrikaans aangebreek het.

Tussen al hierdie nuwe liefde het ek darem een ding wat kwel en waarvoor ek 'n voorstander sal word. Dit is dat die losskrywery wortel en 
tak uitgeroei moet word. Ek is 'n koppelteken-man. En 'n vasskryfbok.

Laat daar maar mense wees wat my daarvoor verpes. Hulle moet iemand h wat hulle kan haat, anders gaan hulle Afrikaans nooit kan liefkry 
nie. Kerneels Breytenbach, bestuurder van Human & Rousseau.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7211.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 2000 /// Gee kans! Afrikaans se saak groei wreldwyd (AV 7:2) /// 
Trust het miljoene geskenk (AV 7:2) /// Kursus in Afrikaans (AV 7:2) /// Limeriek I (AV 7:2) /// 'Kom ons lees en laat lees' (AV 7:2) /// 
Limeriek II (AV 7:2) /// Vroeg in nuwe eeu (hoofartikel) (AV 7:2) /// In memoriam Ds. Flip van der Westhuizen (AV 7:2) /// Sebrastrepe s 
hul s vir Afrikaans (AV 7:2) /// Oor Afrikaans klap woord en weerwoord (AV 7:2) /// Tyd van liefh het aangebreek (AV 7:2) /// Man met 
swart baret se woorde rinkink (AV 7:2) /// 'Losing my religion' (AV 7:2) /// Taalslordigheid berokken skade (AV 7:2) /// Limeriek III (AV 
7:2) /// 'Etse! Tjeend gaan met grrawater uit!' (AV 7:2) /// Dans uit vergange se dae (AV 7:2) /// Nergensland (AV 7:2) /// Nag vol 
feeste! (AV 7:2) /// Duitser berig in Afrikaans uit Europa (AV 7:2) /// Staande ovasie vir Afrikaans (AV 7:2) /// Duitse toewyding 
toegespits op Afrikaans (AV 7:2) /// Ambassade reik kosbare CD uit (AV 7:2) /// 'Bubbelbad' borrel (AV 7:2) /// Waar's daai gogga? (AV 7:2) 
/// Wind van voor is niks nuuts nie (AV 7:2) /// Afrikaans en die jeug (AV 7:2) /// Hoe praat jy met tieners? (AV 7:2) /// Onthou om nie te 
vergeet nie (AV 7:2)

